Placeholder Picture

Die Faure familie in Suid-Afrika

Ek is 'n trotse lid van die Suid-Afrikaanse Faure familie en hierdie webblad is my beskeie huldiging van 'n familie wat diep spore getrap het in ons land se vroeë geskiedenis.

In hierdie webblad kyk ek na waar ons vandaan kom, waar die naam sy oorsprong gekry het, en vele meer.

Hierdie webblad, soos die familie, is konstant aan die verander, en ek waardeer die bydraes van verskeie familielede wat inligting van nuwe geboortes, afgestorwes en ander gebeure aan my stuur. Ek nooi ook almal wat verdere bydraes wil maak, foute wat dalk hier mag voorkom wil regstel, of wil gesels, om my te kontak. By voorbaat my dank. Elke bydrae word waardeer.

Die geslagsregister wat hiermee saamgaan is op hierdie stadium ongelukkig slegs in Engels beskikbaar. Ek hoop om dit eersdaags ook in Afrikaans beskikbaar te maak.

Tuisblad  /  Waar kom ons vandaan  /  Ons Stamvader  /  Geslagsregister  /  Kontak  /  Terme en Voorwaardes  /  Privaatheid
GEEN Kunsmatige Intelligensie (AI) is gebruik met die maak van hierdie webblad nie.
Placeholder Picture