Hierdie ooreenkoms bevat belangrike kontraktuele regte, obligasies en voorwaardes tussen u, die gebruiker en faure.co.za. U aanvaarding van die terme van hierdie ooreenkoms word verlang voordat hierdie webtuiste gebruik word. Waar die term "faure.co.za" in hierdie ooreenkoms gebruik word, word verstaan dat dit die domain, die webblad, asook enige sub-domains insluit wat verband hou met faure.co.za
Gebruik:
Enige gebruiker sal wanneer hy hierdie webblad gebruik, vir watter rede ookal, hom aan hierdie voorwaardes onderwerp en dit so aanvaar. Die faure.co.za webblad is ontwikkel met die uitsuitlike doel om inligting aan te bied. Niks in die faure.co.za webblad moet beskou word as enigiets anders as 'n bron van inligting nie.
As 'n reel sal faure.co.za nie enige offensiewe inligting publiseer nie. Ons kan egter nie waarborg dat al die inligting wat ons of ander partye, of webtuistes van ander partye waarna in hierdie webblad verwys word, te alle tye vry van offensiewe inligting sal wees en sensitiewe gebruikers mag afronteer nie. Gebruikers, deur die webblad te gebruik, vrywaar faure.co.za, sy eienaars, agente en werknemers van enige eise van watter aard ookal.
As gebruiker onderneem en aanvaar u dat u hierdie webblad op eie risiko gebruik. Terwyl faure.co.za alle redelike voorsorg getref het om te verseker dat die webblad vry is van virusse van watter aard ookal, kan daar en word daar geen waarborge voorsien tot dien effek nie.
Intilektuele eiendom, regte en lisensie:
Alle inhoud van hierdie webblad, insluitende, maar nie beperk tot die inhoud, data, afbeeldings, sagteware, kopie, grafiese uitbeeldings, databasis, uitleg en ontwerp is die eiendom van faure.co.za en word gevolglik beskerm deur plaaslike en internasionale reg. Alle regte wat nie spesifiek toegestaan word nie word voorbehou. Die intelektuele regte ten opsige van alle inhoud, inligting en dienste behoort aan faure.co.za en geen reg word aan die gebruiker oorgedra nie. Die inhoud van hierdie webblad, insluitende, maar nie beperk tot die inhoud, data, afbeeldings, sagteware, kopie, grafiese uitbeeldings, databasis, uitleg en ontwerp mag gebruik word deur die gebruiker, maar slegs nadat skriftelike toestemming daartoe gegee is.
Handelsmerke en of Geregistreerde name en ontwerpe van ander partye wat op hierdie webblad mag verskyn is steeds die eiendom van die regmatige eienaars.
Veranderinge aan hierdie webblad:
faure.co.za behou die reg voor om te enige tyd inligting of voorwaardes in hierdie webblad te verander, te verbeter, aan te pas en/of te verwyder sonder enige vooraf kennisgewing.
Skakels na hierdie webblad:
Skakels na hierdie webblad deur enige persoon, besigheid of instansie word verwelkom maar slegs met die skriftelike toestemming van faure.co.za
© faure.co.za 2018 -