Ons, hier by faure.co.za, respekteer die privaatheid van ons familie, vriende en besoekers.
Ons sal nie u persoonlike inligting deel sonder u skriftelike toestemming nie, behalwe as ons daartoe gedwing word deur 'n behoorlike regsproses.
Wanneer u 'n aanlyn vorm op hierdie webwerf voltooi, kan ons webwerf persoonlike inligting soos name, e-posadresse, ens. van u verkry, maar slegs by die aanstuur van die vorm. Hierdie inligting word slegs deur onsself gebruik, uitsluitlik vir die doel wat die voltooi van sodanige vorm vereis het en vir geen ander rede nie.
As u deur hierdie webwerf blaai, sal inligting versamel word van die instrument vanwaar u blaai, sodat ons die gebruik van ons webwerf kan ontleed. Hierdie inligting word gestoor as 'n 'cookie' ('n klein lêer wat deur u blaaier op u hardeskyf gestoor word).
Die inligting wat in 'n cookie gestoor word, bevat geen inligting waardeur u identifiseer kan word nie. U kan ook kies om nie toe te laat dat u blaaier cookies aanvaar nie. Om dit te doen, moet u die instellings in u blaaier op u rekenaar verander. Ons het geen beheer daaroor nie.
Die data wat ons versamel, word nie met ander partye gedeel, verhandel of verkoop nie. Ons gebruik ook nie van die data om advertensies te genereer nie.
Ons webwerf kan skakels na ander webwerwe bevat. Neem asseblief kennis dat as u op een van hierdie skakels sou kliek, u 'n ander webwerf betree waarvoor ons nie verantwoordelik is nie.
© faure.co.za 2018 -